• Genadelose Paaie vol genade

Met die draai van die eeu het God in my hart gefluister om my rugsak te pak en spore te maak.

Dit was 'n 17-jaarlange genadelose stap; vol genade. 

God se stem was onmiskenbaar, Sy teenwoordigheid tasbaar en Sy genade sigbaar. 

So ook Sy onverwagse, toevallige en eindelose 153…

  • Die gebedstaptog van Johannesburg na Kinross se afstand was presies 153 km.
  • Die gebedstaptog van Roodepoort na Koster was presies 153 km.
  • Die gebedstaptog van Groot Marico na Ventersdorp was presies 153 km.
  • Die gebedstaptog van Rundu na die plaas Die End in Namibië, was presies 153 km.
  • Die gebedstaptog van Viljoenskroon na die plaas Leeukuil was presies 153 km. 
  • Na ’n radio onderhoud, die aand voor my vertrek, het die omroeper gereedgemaak om die weeklikse boekvoorlesing te doen. Sy het haar boek uitgehaal en by die boekmerk vir daardie aand se voorlesing oopgemaak. Dit was op bladsy 153!
  • Die gebedstaptog van Aberfeldy, in die Vrystaat, na Pietermaritzburg was presies 306 km. Dit is dubbel 153.
  • Die gebedstaptog van Hopetown, die wildernis in, was presies 153 km.
  • Die gebedstaptog van Heathrow-lughawe na die Lighthouse of God Church in Aberdare, Wallis was presies 153 myl.
  • Die gebedstaptog van Bekkers-rust na die Lighthouse Cell Church, eMkhondo was presies 153 km.
  • Die gebedstaptog van Petrusburg na Petrusville was presies 153 km.
  • Die gebedstaptog van Christchurch na Arthur's Pass in Nieu-Seeland was presies 153 km. Terwyl ek teen die bergpas opgestap het, het ek gehoor dat die pas daardie jaar 153 jaar oud was!
Genadelose Paaie vol genade

Eerste uitgawe: Augustus 2018

ISBN: 978-1-920132-11-8


Write a review

Note: HTML is not translated!
    Bad           Good

Genadelose Paaie vol genade

  • Product Code: Sagteband boek
  • Availability: In Stock
  • R 216.00(ZAR)
  • R 153.00(ZAR)


Tags: Genadelose, genadeloos, Pad, Paaie, genade